Laerskool Boerefort
© Laerskool Boerefort

BOEREFORT NASORGSENTRUM

Laerskool Boerefort bedryf eie Nasorgsentrum.

(Volledige inligting kan besigtig word in Inskrywingsvorm)

NAVRAE:

Bestuurderes: Adri Snyman 0607947852 / boeries.naskool@gmail.com

Graad RR-3 leerders se Nasorgterrein by Graad R-klasse

Graad 4-7 by 4de Laan.

Naskoolgelde beloop as volg:

R9600.00 per jaar (R800.00 x 12 maande) Registrasiefooi van R150.00 betaalbaar met jou eerste paaiement. Alle gelde is streng vooruit betaalbaar oor 12 maande vanaf 1 Januarie tot en met 1 Desember 2023. Indien die gelde nie vereffen is nie sal u kind onmiddelik die naskool moet verlaat totdat die volle rekening vereffen is en u rekening sal oorhandig word vir invordering. Gelde sluit in ligte middagete en vakansiesorg. Januarie is R950.00 betaalbaar in die skool se rekening.

TYE:

Die Naskool funksioneer daagliks direk na skool en sluit stiptelik om 17:30 . Vakansiesorg word aangebied vir ingeskrewe Nasorgsentrum leerders (gratis indien op datum betaal) asook nie-ingeskrewe leerders teen R60 per dag.

ETES:

‘n Ligte middagete sal daagliks direk na skool voorsien word. Gedurende die vakansie sal GEEN ontbyt voorsien word nie, slegs middagete.