www.boerefort.co.za

 

Sport

 

Ons skool bied ‘n wye keuse in buitemuurse bedrywighede aan.  Die beoefening van sport is ‘n belangrike onwikkelingshulpmiddel in die gebalanseerde vorming van die kind.  ‘n Kind se keuse van aktiwiteite moet sodanig wees dat hy/sy genoeg tyd sal hê om te speel.  Speel is ‘n onontbeerlike deel van sy/haar ontwikkelingsproses.  Ons bied die volgende buitemuurse bedrywighede aan:

 

 

 

ATLETIEK

 

Hierdie sportsoort vind gedurende die eerste kwartaal plaas.  Die 0/7-leerders neem slegs aan die 60m-naellope deel.  Die 0/8- en 0/9-leerders neem aan die 80m-naellope en aflos deel.  Vanaf 0/10 neem leerders aan die velditems ook deel.  Daar vind verskeie vriendskaplike byeenkomste plaas.  Die hoogtepunt is ons Distriksbyeenkoms.  Ons spog in 2011 met nuwe atletiekdrag en ons sien sommer baie uit na die atletiekseisoen.

 

Middelafstande:

Die middelafstande vind saam met die atletiek plaas.  Atlete van 0/10 af, moet reeds November van die vorige jaar begin voorberei om fiks te word.  Die 0/10-atlete neem aan ‘n 600m en die 0/11 tot 0/13 atlete neem aan ‘n 1 200m wedloop deel.

 

Middelafstande en landloop:

Die middelafstande vind saam met die atletiek plaas.  Atlete van 0/10 af, moet reeds November van die vorige jaar begin voorberei om fiks te word.  Die 0/10-atlete neem aan ‘n 600m en die 0/11 tot 0/13 atlete neem aan ‘n 1 200m wedloop deel.

Landloop vind gedurende die derde kwartaal plaas.  Atlete vanaf 0/9 tot 0/13 neem deel.

Die afstande is as volg:  0/9 en 0/10 – 2km, 0/11 en 0/12 – 3km, 0/13 – 4km.  Oefening vir hierdie aktiwiteit begin reeds aan die einde van die tweede kwartaal.  Landloopdrag word teen R25.00 per seisoen deur die skool uitverhuur.

 

NETBAL

 

Wedstryd datums as volg:

 

Interne proewe vir o/12 en o/13 dogters vind plaas op Saterdag, 11 Februarie.

 

Datums vir 2012:

Boerefort vs:

12 April

Rivieria

19 April

Nellie Swart

24(26) April

Totiusdal

3 Mei

Pierneef

10 Mei

Loslootjie

17 Mei

Unifees

24 Mei

Prestige College

29 Mei

Uitspeelwedstryde

 

PROEWE o/12 vind plaas op:

 

5 Maart

12 Maart

 

PROEWE o/13 vind plaas op:

 

8 Maart

14 Maart

 

**’n Oefenkamp vir o/12 en o/13 spelers vind plaas die naweek van die 9de tot die 11de Maart te Raloka.

 

 

Ons Netbaldogters het baie goed presteer tydens die netballiga gedurende 2011.  As gevolg daarvan en die vorige jare se goeie prestasies, is daar besluit dat Boerefort in 2012 in ‘n hoër liga teen groter skole sal deelneem.  Ons sien uit daarna en skrik nie!

 

Gedurende die 4de Kwartaal het die dogters weer aan Netbalvaardigheids-oefeninge deelge-neem.  Op Dinsdae- en Donderdae-middae van 14:00 tot 15:00 het die bane gewemel van entoesiastiese dogters.  Mev. Stevens het die leiding geneem.  Ons het baie warm gekry, maar die ysies aan die einde van die oefeninge het groot byval gevind.  Dankie aan Mev. Stevens vir haar moeite en opoffering!

 

Tydens die naweek van 9 tot 11 Maart 2012 gaan die o/12 en o/13 dogters op ‘n Netbalkursus te Raloka.  (Me. Elize Kotze se oefenkamp).

 

Dankie aan al die afrigters, dogters en ouers vir ‘n goeie 2011-seisoen.  Ons hoop ons sien julle almal weer op en langs die baan in 2012.

 

 

 

RUGBY

 

 Wedstryd datums as volg:

 

Di. 6 Maart

Totuisdal

Weg

Super 4

Do. 8 Maart

Doxa Deo

Weg

Vriendskaplik

Do. 15 Maart

Simon Bekker

Tuis

Super 4

Do. 22 Maart

Genl. Hendrik Schoeman

Tuis

Super 4

Sa. 24 Maart

Midstream

Weg

1ste Span-dag

 

Liga as volg:

 

17 April

Pierneef

Tuis

3 Mei

Genl. Beyers

Tuis

17 Mei

Tuinrand

Weg

24 Mei

Simon Bekker

Weg

31 Mei

Saamspan

Weg

 

Bulletjie Rugby

 

   

 

 

 

Voorsitter Jacques Kruger : 082 937 8728

 

LANDLOOP

 

Landloop vind gedurende die derde kwartaal 2011 plaas. 

Atlete vanaf 0/9 tot 0/13 neem deel.

Die afstande is as volg:  0/9 en 0/10 – 2km, 0/11 en 0/12 – 3km, 0/13 – 4km.  Oefening vind plaas Dinsdae en Donderdae 13:45-14:45

Landloopdrag word teen R25.00 per seisoen deur die skool uitverhuur.

 

 

 

 

 

Tennis

 

Oefeninge vind plaas op Dinsdae en Donderdae vanaf 13:45 tot 15:15. 

 

Afrigting vind by die skool plaas deur ‘n privaat afrigter vir o/11 seuns en dogters asook Oop Seuns en Oop dogters.

 

Ons glo en vertrou dat dit hierdie jaar weer sal goed gaan met ons tennis-spelers.

 

Ligabepalings volg.

 

Krieket

 

Eerste span 2012 proewe vind plaas op Vrydag, 27 Januarie, Vrydag, 3 Februarie en Donderdag, 9 Februarie vir alle o/12 en o/13 seuns.

 

Geluk aan Mnr. de Beer wat as Distriksvoorsitter 2012 verkies is asook op die Laerskole Krieketbestuur.

 

Boerefort Eerste XI tal

Hulle is gekroon as liga wenners 2011 in die Noord-Wes distrik en het ook gekwalifiseer vir die Stadsbeker top 8 medium skole. 

Geluk Boeries hou ons naam hoog!!!!!

 

Best viewed at a 800 x 600 pixel resolution

Copyright © 2004 - 2005 Smalladds.com. 00243 - 2008. All rights reserved. (10-05-2008)

This site is designed and managed by Smalladds.com. Please e-mail our Webmaster with any comments.