|
www.boerefort.co.za |
||||||||||||||||||
|
||||||||||||||||||
|
|
|
Kultuur |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
KUNSWEDSTRYD 2011
Die kunswedstryd het plaasgevind gedurende Augustus-maand te Hermanstad. Ons sê vir die volgende kinders geluk met hulle puik prestasies vir voordrag (gedigte):
Sean Janse van Rensburg (Gr. 1) het A++ gekry vir gedramatiseerde groeppoësie by die Noordekruin Kunstefees.
Tok Gouws, Elbé Fourie (albei Gr. RR) en Cheyanne Trollip (Gr. 1) het A++ asook medaljes verwerf.
Die volgende Boerieklas leerders het ook uitstekend presteer : Kaylin Richards en Dillin Beukes het albei A+ gekry vir voordrag. Rudi van Zyl het A+ gekry vir voorbereide lees.
Ons is baie trots op elkeen van julle wat deelgeneem het. Hou so aan!
REDENAARS 2011
Boeries stel nooit teleur. Baie dankie aan elke leerder wat deelgeneem het.
Die uitslae is as volg:
Mnr en Mej Boerie 2011
LOFPRYSINGSAAND 2011 Gedurende die 2de kwartaal vind die Lofprysingsaand plaas en dit is wanneer ons stil word voor God om dankie te sê vir alles waarvoor ons dankbaar is en waarvan ons so gou vergeet. Vanjaar se Tema was “In God se Hand” Jesaja 49:16.
Die Revue-groepe gee ons op hierdie aand ook ‘n voorsmaak van wat om te verwag in die 3de kwartaal.
REVUE Ons Revue bestaan uit twee groepe: Kriewel revue (Gr R-3) en Senior revue (Gr 4-7) Die Revuekonsert vind jaarliks plaas en van ons buurskole maak van die geleentheid gebruik om meer blootstelling te kry vir hulle eie Revue optredes.
Die konsert vind plaas op 26 Julie - Beide Kriewel- en Senior revue tree op.
Beide die Kriewel- en Senior Revue is gekeur om op te tree in die Stadsaal van Pretoria op 3 Augustus saam met Jakkie Louw.
Die Senior Revue tree weer op in die Staatsteater op 5 Augustus en die Kriewelrevue op 13 Augustus.
MNR EN MEJ BOERIE 2011
Nóg ‘n opwindende geleetheid wat plaasvind in die 2de kwartaal is Mnr. en Mej. Boerie. Slegs die Gr. 7 leerlinge mag deel neem aan dié spog geleentheid.
Hierdie jaar het die Gr. R en 1 leerlinge die geleentheid gehad om ook deel te neem aan Mnr. en Mej. Feetjieland. Die Gr. 2 en 3 leerders het deelgeneem aan Mnr. en Mej. Superhero.
Die wenners was as volg:
MNR BOERIE - Jay-dé Potgieter MEJ BOERIE - Simoné van der Ham 1STE PRINS - Arendt Oosthuizen 1STE PRINSES - Charné Anderson 2STE PRINS - Hugo Meyer 2STE PRINSES - Charlize van Tonder MNR PERSOONLIKHEID - Kone Hloaela MEJ PERSOONLIKHEID - Yuanita Steyn MNR FOTOGENIES - Juan Wagenaar MEJ FOTOGENIES - Nelmari Cloete MEJ FEETJIE - Zandra Janssen MEJ SUPERHERO - Danelle Vermeulen & Naomi Burger
Baie geluk aan al die wenners.
Ons sê dankie aan elke Boerie wat deelgeneem het – almal het pragtig gelyk! |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Best viewed at a 800 x 600 pixel resolution
Copyright © 2004 - 2005 Smalladds.com. 00243 - 2008. All rights reserved. (10-05-2008)
This site is designed and managed by Smalladds.com. Please e-mail our Webmaster with any comments.