|
www.boerefort.co.za |
||||||||||||||||||
|
||||||||||||||||||
|
|
|
Akademie |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
AKADEMIE
1. GRONDSLAGFASE (Graad 1 – 3)
1.1. Leerareas: * Afrikaans – Huistaal * Engels – 1ste Addisionele taal * Lewensvaardigheid 1.2. Skale en Persentasie 1.3. Assessering 1.3.1 Informeel * Ondersteun die leer- en onderrigproses en monitor vordering * Ontvang inligting * Interaksie * Verklein gaping tussen kennis en vaardigheid 1.3.2 Formele assessering * Bepaal vordering * Gee assesseringskriteria duidelik * Hulle moet weet watter kennis en vaardighede geassesseer word * Terugvoer – geen eksamens, bv. navorsingsprojektor * 100% skoolgebasseerde assessering · Skoolgebasseerde Assessering bevat voorgeskrewe assesseringstake vir Tale, Wiskunde en Lewensvaardighede. · Dit sluit ‘n punt in wat verkry word vir elke taak afsonderlik sowel as ‘n gekonsolideerde punt vir take in totaliteit. Dit moet altyd beskikbaar wees vir monitering en moderering. · Nasionale kodes en hul beskrywings word gebruik van Gr. R – 3. Kommentaar oor leerderprestasie sowel as vaardighede wat nog ontwikkel moet word moet verskaf word. · Kwartaalskedule en rapprt gee algemene preastasie van leerder. Op rapport verskyn graad, klas, geboortedatum en skoolbywoningrekord. Naam van skool, datum, handtekening van hoof, onderwyser en ouer. Skoolstempel, kodes en beskrywing. · Moontlike druipstate en progressive skedules - Daar moet verskyn skoolstempel, datum, naam en van en geboortesertifikaat, inskrywingsnommer, geslag, ouderdom, aantal jare in fase en grade. Nasionale kodes vir elke vak. · Kurrikulum Nuwe kurrikulum word Caps genome en vervang huidige Nasionale Kurrikulum. State vir onderskeie leerareas en vakke word as volg ingefasseer: Graad R – 3 en Graad 10 (2012), Graad 4 – 9 en Graad 11 (2013), Graad 12 (2014) · Slaagvereistes Slaagvereistes vir Graad 1 – 3. Minstens ‘n 2 vir Geletterdheid (huistaal) en minstens ‘n 2 vir Wiskunde.
LEERAREAS (9) · Afrikaans · Engels · Wiskunde · Natuurwetenskap · Sosiale Wetenskap · Tegnologie · Ekonomiese en Bestuurswetenskap · Kuns en Kultuur · Lewensoriëntering
Die kurrikulum wat van Gr 4 – Gr 7 gevolg word is deur Future Entrepreneurs saamgestel. Indien ‘n opvoeder vind dat die inhoud van ‘n program nie aanpas by die leerders of omgewing nie, staan dit hul vry om daaraan te verander. Relevante inligting word bygewerk of aandag aan gegee t.o.v. wêreldgebeure, rampe, aardbewings, tornado’s, ens. Leerders word ook aangemoedig om ‘n verskeidenheid artikels en tydskrifte te lees oor onderwerpe. Opvoeders poog om leerders selfstandig te laat werk wanneer take of ander opdragte gegee word.
SKALE EN PERSENTASIE SLEUTELS: Gr 4 – 6
DIE 7-PUNT SKAAL/PRESTASIE SLEUTELS VIR Gr 7
Die hoofdoel met die assessering van leerders is om hulle individueel te laat groei en ontwikkel. Om leerders se vordering te monitor en om hul leer te fasiliteer. Assessering moet alle leerders akkommodeer en inklusiewe onderrig moet deurgaans toegepas word. Assessering stel die fasiliteerder in staat om leerprobleme te identifiseer en heronderrig en ondersteuningsaksies te bepaal.
SLAAGVEREISTES VIR GRAAD 1 – 7
Die slaagvereistes vir elke Graad is as volg:
SLAAGVEREISTES VIR GRAAD 1 – 3
Minstens ‘n 2 vir Geletterdheid (Huistaal of Taal van onderrig en minstens ‘n 2 vir Gesyferdheid.
SLAAGVEREISTES VIR GRAAD 4 – 6
Minstens ‘n 3 vir 3 leerareas, waarvan een die Huistaal; dan minstens ‘n 2 vir 3 van die ander leerareas waarvan Wiskunde een moet wees.
Minste ‘n 4 vir 3 leerareas, waarvan een die Huistaal moet wees en minstens ‘n 3 vir 3 van die ander leerareas, waarvan Wiskunde een moet wees.
1. Netheid is ‘n vereiste. 2. Geen “Tipex” mag gebruik word nie; werk mag nie doodgekrap word nie. 3. Maak alle foute netjies reg met ‘n grys potlood. 4. Werkkaarte en alle fotostate moet netjies vasgeplak word. 5. Daar mag nie los papiere in portefeuljes wees nie. 6. Nasorg of werk tydens afwesigheid word altyd in potlood gedoen. 7. Datum en opskrif word op die eerste lyn geskryf. 8. Laat ‘n lyn oop en begin dan met die werk. 9. Werk wat nie in die klas voltooi word nie, word as huiswerk beskou. 10. Die nommer kom links van die kantlyn. 11. Trek ‘n netjiese lyn na die werk. 12. Spelling of rooi woorde moet 3 keer uitgeskryf word. 13. Portefeulje vorm deel van die deurlopende assessering.
1. Formele assessering word slegs deur die opvoeder gedoen. 2. Die formele aktiwiteite sal aan die begin van elke kwartaal aan die leerders gegee word sodat leerder en ouer op hoogte van dié assessering is. 3. Informele opdragte word deur die leerder self, of medeleerders of ouers geassesseer. Dit word slegs deur die opvoeder gekontroleer. 4. Antwoorde word gegee en die leerder moet nasorg doen. 5. Alle foute word nie altyd aangetoon nie. 6. Indien ‘n leerder afwesig was, is hy/sy self verantwoordelik om die agterstallige werk in te haal. Die leerder het slegs 3 dae om in te haal en kan tot 50% van voorgeskrewe werk verloor as leerder nie by sperdatum hou nie. 7. Leerders kan ook dan naskool gehou word om alle agterstallige werk in te haal; leerders het glad nie die keuse om werk nie te doen nie of onvolledig te laat nie.
Die portefeulje is ‘n bewys van die leerder se vordering gedurende die jaar. Dit is beide die leerder, maar ook die ouer se verantwoordelikheid dat die leerder se portefeuljes in al die leerareas netjies is en dat ons met trots in al ons portefeuljes sal werk nes ons leuse WAAK EN WERK.
Maandag 21 November Afrikaans 1 Dinsdag 22 November Engels 1 Woensdag 23 November Wiskunde 1 Donderdag 24 November NW Vrydag 25 November SW Maandag 28 November Tegnologie Dinsdag 29 November KK Woensdag 30 November EBW Donderdag 1 Desember Wiskunde 2 Vrydag 2 Desember Afrikaans 2 / Engels 2
2013 gaan die volgende veranderinge plaasvind in die Intermediêre- en Senior fases – CAPS
· In die intermediêre fase gaan die leerareas verminder word vanaf 8 na 6 leerareas · Leerareas gaan as vakke bekend staan · Die 7 punt-skaal vir punte toekenning sal in al die skoolfases gebruik word
In die intermediêre fase gaan die volgende vakke aangebied word
1. Afrikaans eerste taal 2. Engels tweede taal 3. Wiskunde 4. NW en Tegnologie is een vak 5. SW 6. LO
EBW val weg
In Graad 7 gaan die volgende vakke aangebied word: 1. Afrikaans – eerste taal 2. Engels – tweede taal 3. Wiskunde 4. NW 5. Tegnologie 6. SW 7. LO 8. KK 9. EBW
In 2013 sal die punteskale in die volgende verhoudings wees:
Graad 4 – 6 Klaswerk 75% Eksamen 25% Graad 7 Klaswerk 40% Eksamen 60% |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Best viewed at a 800 x 600 pixel resolution
Copyright © 2004 - 2005 Smalladds.com. 00243 - 2008. All rights reserved. (10-05-2008)
This site is designed and managed by Smalladds.com. Please e-mail our Webmaster with any comments.