www.boerefort.co.za

 

Kleuterskool

 

 

Boerefort Kleuterskool
 

Ons personeel is opgelei, professioneel,  liefdevol en toegewyd. Aandag word daagliks aan alle aspekte gegee sodat u kind in sy volle totaliteit kan ontluik en ontwikkel.

 

Boerefort Kleuterskool is ‘n private instansie. Ons ontvang geen hulp van die Laerskool of staat nie. Uit die kleuterskoolgeld moet ons al ons verpligtinge nakom. Kleuterskool bywoning is nie verpligtend nie – dus: Ouers wat nie die kleuterskoolgeld, streng vooruit of op die 5de van ‘n maand betaal nie se kleuters mag en gaan weggewys word. U mag skriftelik ‘n reëling tref as u eers op die 15de van ‘n maand kan betaal.

 

Die kleuterskoolgeld moet by die eerste inskrywing saam met die inskrywingsvorm ingehandig word. Ouers moet ‘n kalendermaand kennis gee indien u kleuter die kleuterskool verlaat.

 

Die kleuterskoolgeld vir 2011 beloop soos volg:

 

Die kleuterskool beskik oor klasse vir 3 – 4 jaar, 4 – 5 jaar en 5 – 6 jaar (Graad R) R120-00 registrasie (eenmalig per jaar per kind).

 

R475-00 vir ‘n halfdagversorging en R665-00 vir ‘n voldagversorging (betaal slegs 11 maande). Halfdagversorging sluit nie middagete in nie.

 

Voldagversorging word soos volg saamgestel: R475-00 vir onderrig.  Dit word in die skool se rekening inbetaal en ouer ontvang ‘n gedrukte kwitansie.  R190-00 vir middagete en nasorg.  Hierdie bedrag word in ‘n kleinkas gehou vir aankope.

 

U kan die geld per internet inbetaal.

  • Daar is ‘n personeellid aan diens vanaf 06:30 vm tot 17:30 nm.

  • Klasonderrig begin om 07:30 vm tot 12:30 nm.

Voldagversorging:

 

  • Ons verskaf nie ontbyt nie. Pak asb. Vir u kleuter ‘n kosblikkie en koeldrank in. Tussen 08:00 en 08:30 sit die kleuters aan tafel en eet die broodjies wat u inpak.

  • Om 12:30 kry hulle ‘n gebalanseerde maaltyd. ‘n Spyskaart is beskikbaar indien u daarna wil kyk. Spesifiseer asseblief duidelik indien u kind vir enige kossoorte allergies is, ons maak voorsiening daarvoor.

  • Om 15:00 nm verskaf ons broodjies en koeldrank.

  • Daar is twee dames wat smiddae toesig hou tot 17:30 nm. Moet asseblief nie laat wees nie. Daar is ‘n boetestelsel ingestel. Die dames het ook ‘n huishouding en verpligtinge tuis.

Vakansies:

  • Die kleuterskool sluit gedurende die skoolvakansies. U betaal egter vir die volle kalendermaand.

  • Ons het ‘n dame wat die vakansiesorg waarneem teen betaling. U betaal R30-00 per dag (ongeag of dit halfdag of voldag is) slegs vir die dae wat u kind daar gaan wees.

  • Vakansiesorgvorms is voor die vakansie by die kleuterskool beskikbaar.

Bring en afhaal van kleuters:

  • Ons verkies dat ouers hul kinders na die klasse bring en ook weer by die klasse kom afhaal – dis vir u kind se eie veiligheid.

Omsendbriewe:

  • U ontvang op ‘n gereelde basis omsendbriewe . Dit is die enigste manier om belangrike inligting aan u oor te dra.

  • Kyk asb. daagliks in u kind se tas en lees asb. die omsendbrief.

 

Tasse:

  • Koop asb. vir u kind ‘n groot genoeg tas sodat hy / sy al sy / haar besittings daarin kan pak.

  • Besittings wat rond lê raak verlore.

Merk van klere:

  • Merk asb. u kind se klere en kosblikke. As u iets vermis kom vra asb. daarvoor. Ons het ‘n groot probleem met ongemerkte verlore klere en skoene.

Speelgoed:

  • Moet nie speelgoed van die huis skool toe stuur nie. Dit is gewoonlik duur en dié personeel kan nie verantwoordelikheid daarvoor neem nie.

Aktiwiteite saam met Laerskool Boerefort:

  • Die kleuters neem deel aan die laerskool se atletiek, kaskarre en jaarlikse konsert.

  • Dié blootstelling is goed vir die kleuters en hulle geniet dit terdeë.

Snoepie:

  • Die laerskool se snoepie is daagliks oop. Ons verkies egter dat u slegs 1 maal per week ‘n snoepiegeldjie gee.

  • Dit moet vir u kind ‘n voorreg wees en hy / sy moet dit nie as hul reg sien nie.

Buitemuurse Aktiwiteite:

  • Hierdie aktiwiteite is u vrywillige besluit. Ons bied dit aan sodat u kind ook op ander gebiede verryk kan word.

  • Die volgende is beskikbaar:

1.         Rekenaarklasse                               -           082 440 0744

2.         Kindermusiek                                   -           083 954 4550

3.         Kinderkinetika/Accelerate Kids     -           082 511 9848

4.         Dansklasse                                       -           072 574 2368

5.         Play Tennis                                       -           082 893 9556

6.         Akrobaat                                            -           082 491 7223

En nog vele meer

  • Indien u sou belangstel, kan u ‘n inskrywingsvorm aanvra.

  • Bulletjie Rugby en Bakers Krieket word gratis aangebied en is die ideale manier om u kind se balvaardighede te ontwikkel.

Instappies:

  • Dit is deesdae te gevaarlik om kleuters op uitstappies te neem, daarom reël ons ten minste 1 maal per kwartaal vir buite mense om bv. Poppekas te kom aanbied.

  • Dit val gewoonlik saam met die temas wat ons behandel. Die kostes beloop tussen R15-00 en R20-00 per kleuter. U sal wel per brief in kennis gestel word.

Benodigdhede:

  • Gr RRR:

*           1 pak dik vetkryt (Crayola)

*           1 doos sneesdoekies

*           1 Waslap (gemerk)

*           1 stel skoon klere per dag

*           1 riem 80gr afrolpapier

*           R5-00 vir plastiese koevert

  • Gr RR:

*           1 pak uitdraaikryt (Mon Ami/Steadler)

*           1 doos sneesdoekies

*           1 riem 80gr afrolpapier

*           R5-00 vir plastiese koevert

*           1 groot gomstiffie (Pritt)

  • Gr R:

*           1 pak uitdraaikryt (Mon Ami/Steadler)

*           1 doos sneesdoekies

*           1 riem 80gr afrolpapier

*           R5-00 vir plastiese koevert

*           1 groot gomstiffie (Pritt)

  

 

Best viewed at a 800 x 600 pixel resolution

Copyright © 2004 - 2005 Smalladds.com. 00243 - 2008. All rights reserved. (10-05-2008)

This site is designed and managed by Smalladds.com. Please e-mail our Webmaster with any comments.