www.boerefort.co.za

 

Spogblad

 

JAYDON SE STOEI-JAAR SKOP BESONDERS GOED AF

 

 

Baie geluk aan Jayden Meintjes, Graad 4, wat op 2 Maart 2019 3de plek behaal het vir stoei by die Gauteng-Noord Presidente byeenkoms. Hy kwalifiseer om deel te neem aan die Junior Suid-Afrikaanse kampioenskappe! Jy is voorwaar 'n Boerie-ambassadeur!

 

JOSHUA BLINK UIT BY MOTOCROSS

 

 

 

Joshua Spencer, Graad 2, ontvang 'n medalje vir deelname aan die GXCC-motocross op 16 Februarie 2019. Hy het 5de plek behaal.

 

 

DISTRIKSBYEENKOMS

 

 

 

Baie geluk aan die volgende atlete met hulle puik prestasies tydens die Distriksbyeenkoms op 18 Februarie 2019.

Voor vlnr: 

Heliné Minnaar        4de plek 100m

Dian Marais              2de plek 1 200m

Joshua Egbo            4de plek Gewigstoot

Agter vlnr:

Tshego Mahlangu   1ste plek in beide 100m en 150m

Reinhardt Herbst     1ste plek 150m

Keaan van Wyk       4de plek Gewigstoot

 

TOP 10 SKOLE

 

 

 

Reinhardt Herbst behaal ’n 2de plek in 100m tydens die Skole Top 10 byeenkoms te Hoërskool Waterkloof. Mooi so!

 

 

CHECK e-LOG TOP 10 UITNODIGING

 

Baie geluk aan Dian Marais en Reinhardt Herbst wie uitgenooi is om deel te neem aan die Laerskool Check e-Log Atletiekbyeenkoms wat plaasvind op 2 Februarie 2019 te Hoërskool Waterkloof aan 1200m en 100m onderskeidelik.  Hou hierdie twee jong manne dop!

 

 

JOSHUA HOU VAN SPOED

 

 

 

Joshua Spencer is gekies om vir die Just Kids Racing-span deel te neem aan die Regional Motocross Championship en GXCC reeks in 2019. Sy eerste byeenkoms vind 26 Januarie 2019 plaas! Sterkte Joshua!