|
SKOOLDRAG:
Dogters:
Skoene: Standaard swart met een
bandjie oor voetbrug of standaard swart rubbersool toerygskoene.
Somer is skoene opsioneel.
Somer:
Kouse : Kort
bottelgroen- of wit sokkies (nylon).
Hemp : Bottelgroen
Boeries golfhemp.
Broek :
Geruite broekrompie.
Trui:
Standaard groen skooltrui, bottelgroen Pull-over of bottelgroen
“Dri-Mac”
windbreker.
Winter:
Grys skoollangbroek, Wit
langmouhemp of rondenekbloes van “Elanca”-rekmateriaal.
Seuns:
Skoene:
Standaard swart rubbersool toerygskoene. Somer opsioneel.
Somer:
Kouse:
Grys kniekouse (wol).
Broek:
Standaard gordlose grys wasbare kortbroek.
Hemp:
Grys kortmouhemp.
Trui:
Standaard groen skooltrui, bottelgroen Pull-over of bottelgroen
“Dri-Mac”
windbreker.
Winter:
Broek :
Standaard grys wasbare langbroek.
Hemp :
Grys langmouhemp
Verjaarsdae:
‘n Leerder mag op sy/haar
verjaarsdag gewone klere aantrek. Skoolreëls geld t.o.v. hare,
juwele en grimering.
Verskaffers van skooldrag:
Broekrompies, golfhemde en
bottelgroen Pull-Over:
Mev Ansie van Heerden : 083 306
1877
Skooltrui (sal ook binnekort
die Pull-Over verskaf):
Select Uitrusters (Queens Corner)
: (012) 333-3319
Skoolsluiting en Vrydae:
Leerders betaal R5.00 om gewone
klere aan te trek op Vrydae en die dae wat die skool sluit.
Skoolreëls geld t.o.v. hare, juwele en grimering.
Inskrywings:
Ingevolge regulasie 2(b)(ii) van
die regulasie betreffende Openbare Skole is ‘n kind skoolpligtig in
die jaar waarin hy/sy 7 jaar oud word. Geen uitstel mag meer aan
enige leerder toegestaan word nie.
By eerste toelating moet die
nodige vorms by die administratiewe kantoor bekom word. Na
voltooiing moet ‘n geboortesertifikaat of indentiteitsdokument
getoon word.
Omsendbriewe:
Sorg asseblief dat u die ouer
omsendbriewe lees, dit bevat belangrike inligting. Elke jongste en
enigste ontvang ‘n afskrif. Sake van klas-belang word in die
Aanvangsfase, per “mamma-boek” aan die ouers gestuur. Omsendbriewe
gaan sover moontlik op ‘n Woensdag uit. Omsendbriewe sal ook op die
webblad beskikbaar gestel word.
GEDRAGSKODE: BOERIEONDERSTEUNERS
DOELSTELLING:
Om te verseker
dat ondersteuners/ouers te alle tye ‘n goeie beeld van Laerskool
Boerefort uitdra, omdat ondersteuners/ouers ‘n belangrike skakel
tussen deelnemers, die skool en die publiek is.
RIGLYNE:
-
Ondersteuners moet te alle tye positiewe ondersteuning aan
deelnemers gee, d.w.s. geen kritiek op medespelers of ouers
lewer nie.
-
Ondersteuners mag onder geen omstandighede deelnemers tot
vuilspel aanmoedig nie.
-
Onder geen omstandighede mag skeidsregters of beamptes
gekritiseer, gevloek of aanmerkings oor gemaak word nie.
-
Ondersteuners mag onder geen omstandighede by argumente,
bakleiery, ens. met ander ondersteuners of deelnemers van ander
skole betrokke raak nie.
-
Geen
vuiltaal sal langs die sportveld toegelaat word nie.
-
Geen
alkohol sal langs die sportveld toegelaat word nie. Indien ‘n
ondersteuner alkohol gebruik en geïdentifiseer word, sal dit aan
een van die personeellede of BHL-lede gerapporteer word, waarna
daardie persoon gevra sal word om die terrein te verlaat.
-
Ondersteuners moet te alle tye op die pawiljoen of agter die
afsperring sit. Indien die ondersteuners versoek word om op die
pawiljoen te sit, sal dit van alle ondersteuners verwag word om
so ‘n versoek na te kom.
-
Indien ‘n ouer sou opmerk dat leerders hulle skuldig maak aan
wangedrag, soos rook en vuiltaal op die sportveld, sal dit van
hierdie ouer verwag word om sodanige insident onmiddellik aan
die betrokke opvoeder te rapporteer. Identifisering van die
persoon is belangrik.
-
Dit
word van ouers van Laerskool Boerefort verwag om hierdie riglyne
onder die aandag van besoekende ondersteuners te bring.
-
Indien ‘n ouer of ondersteuner ‘n probleem het wat hy/sy onder
die aandag van die skool wil bring, kan hy/sy dit na afloop van
die wedstryd of byeenkoms met die afrigter of BHL-lid opneem.
-
Laerskool Boerefort se ondersteuners kan’n positiewe bydrae
lewer en ‘n groot verskil maak deur bogenoemde na te kom.
EKSAMEN REELS -
2de
Kwartaal – Junie & 4de Kwartaal – November /Desember
Program
tydens eksamen Leerders verdaag
daagliks om 12:00
|
1ste sessie |
7:30 - 9:05 |
|
| |
7:30 - 7:50 |
Inneem van gelde, register en admin |
| |
7:55 - 9:55 |
Studietyd vir alle leerders |
|
POUSE |
9:05 - 9:55 |
|
|
2de sessie |
9:55 – 12:00 |
Skryf vraestelle en inhandig van
handboeke / lêers. |
Reëls
-
Sorg
dat jy jou eie skryfgereedskap het soos skerp potlode, ekstra
penne, wiskundestel, liniaal, uitveër, skerpmaker, ens.
-
Niemand mag by iemand ander iets leen nie.
-
Geen
selfone, oorfone, walkmans, MP 3’s, MP 4’s, I-PODS ens nie.
-
Geen
speelgoed, sporttoerusting ens. nie. Alles wat pla word voor op
die verhoog onder toesig bewaar.
-
Selfone, speelgoed en iets ontoelaatbaar sal afgeneem word tot
Desember.
-
Geen
leesboeke, kussings en komberse nie.
-
Geen
notas tydens die tweede sessie nie.
-
Geen
eet- of drinkgoed of kougom nie.
-
Geen
onnodige praatjies met opvoeders of maats nie.
-
Geen
rondlopery na toilette tydens sessies nie. Maak seker jy besoek
die kleedkamers betyds. Mag glad nie die kleuterskool se
toilette gebruik nie.
-
Geen
gesels of fluister tydens die sessies nie.
-
Geen
papiere en potloodsaagsels op vloere en banke nie.
-
Geen
laatkom by aanvang van sessies nie
-
Eet
ontbyt by die huis. Kos word slegs tydens pouse geëet.
-
Enige leerder wat afskryf of vir ‘n ander antwoorde vra sal
onmiddellik geskors word.
-
Die
betrokke leerarea lêers sal voor die 2de sessie begin in geneem
word. Indien dit verlore is moet R50 inbetaal word.
-
Om
12:00 sluit ons af met gebed en verdaag ry vir ry ordelik.
-
Stoele en tafels word netjies gesit volgens opdrag.
-
Opvoeders sal ten alle tye streng toesig hou sodat elke leerder
‘n regverdige kans kry om te studeer.
-
Tydens die tweede sessie sal opvoeders vir die duur van die
sessie rond beweeg in die saal.
-
Gr 7
leerders wat hulle skoolklere skenk kan tydens die eksamen met
gewone klere skool toe kom.
|