www.boerefort.co.za

 

Oud Boeries

 

Baie geluk aan FJ Booysen en Benise Vorster wat verkies is tot Wonnieraad vir 2012.

 

LAERSKOOL BOEREFORT : 1953

 

Vir Aflaai:

Die ontstaan van Boerefort - oorspronklike dokumente

Die ontstaan Van Boerefort - artikel

 

In 1953 is mej Elizabeth J.v.W. Lindhout en mej Aaltje van Veen deur Inspekteur P. Conradie genader om die skool te begin.

Op 28 Julie 1953 was daar 113 leerlinge teenwoordig met die opening van die

“De Beer-straat Skool”.

Die skool se leuse was : “Bou ‘n nasie”

 

 

Die skool het bestaan uit :

4 gewone klaskamers;

3 grade;

1 groot personeelkamer;

1 kantoor met groot brandkas;

2 stoorkamers;

1 kombuis met koolstoof;

2 personeel kleedkamers;

kleedkamers vir seuns en meisies;

bediendekamer met kombuise en koolstoof;

stoorkamer, kleedkamer en stortbad

 

Die personeel het bestaan uit :

Mej E. Lindhout (Hoof);

Mej A. v. Veen;

Mev C. Haupt;

Mev B.H. Swanepoel;

Mev E. Henrico (deeltydse sekretaresse)

 

Die leerlinge was in 1953 geregtig op ‘n driepennis voedingstoelae per skooldag.  Hulle het melk op Maandae, Woensdae en Vrydae gekry, vrugte op ‘n Dinsdag en vis of vleisfrikkadelle op Donderdae.

 

Hier volg ‘n paar interessante foto’s van leerlinge en onderwysers, asook die oorspronklike dokumente waaruit bogenoemde inligting verkry is.

 

Die Skolierpatrollie

 

Lentedag – 1953

 

Leerlinge – 1953

 

Leerlinge – 1953

 

Partytjie-tyd!!

Die eerste onderwysspan van 1953

 

 

Best viewed at a 800 x 600 pixel resolution

Copyright © 2004 - 2005 Smalladds.com. 00243 - 2008. All rights reserved. (10-05-2008)

This site is designed and managed by Smalladds.com. Please e-mail our Webmaster with any comments.