www.boerefort.co.za

 

Oud Boeries

 

SIAS BLINK UIT OP SPORTVELD

 

 

 

Sias Fourie, Graad 9, ontvang 15 Januarie 2019 tydens HTS John Vorster se prysuitdeling 6 sertifikate vir sportdeelname en word ook aangewys Beste krieket speler o/14 vir 2018.

 

DANÉLL JOUBERT VERWERF 7 ONDERSKEIDINGS

 

 

Baie geluk aan oud-Boerie, Danéll Joubert, wat 7 onderskeidings verwerf het!  Dit is voorwaar 'n besondere prestasie!  Die Hoërskool Wonderboom kan verseker trots wees op jou!

 

LANDLOOP GN-KLEURE

 

Baie geluk aan oud-Boerie, Megan Kilfoil (Graad 10 – Hoërskool Pretoria-Noord) wat Gauteng-Noord Kleure verower het vir Landloop.

 

CARMIEN DRING DEUR NA LANDLOOP DISTRIKSKAMPIOENSKAPPE
 
 
 
Baie geluk aan oud-Boerie Carmien Smal, Graad 8 Hoërskool Oos Moot.  Sy kwalifiseer om deel te neem aan die Landloop Distrikskampioenskappe!  Knap gedaan!

 

WONNIE MATRIEKRAAD 2019

 

 

Baie geluk aan die volgende oud-Boeries wat verkies is tot Hoërskool Wonderboom se Matriekraad vir 2019.  Van links na regs:

Shaun Matladi, Clarese Venter en Joshua van Loggerenberg

Baie geluk!

 

JV RAAD

Die volgende twee oud-Boeries is verkies tot die JV Raad (HTS John Vorster) vir 2018/2019:
Adriaan van Staden en Renier Swart
Baie geluk manne!