www.boerefort.co.za

 

Ons gee om

 

OMGEE WEKE

Elke einde van die maand is daar omgee weke waartydens die leerders nie-bederfbare voedsel skool toe bring.  Hierdie kruideniersware word dan uitgedeel aan ons skool se behoeftige gesinne.  Ons is dankbaar dat ons Boeries so getrou kos bring vir ander wat in nood is.

 

 

BOKKIE-FONDS

Die Bokkie-Kinderfonds bestaan al vir etlike jare.  ‘n Oud Boerie-ouer het die nood van ons kinders raak gesien en besluit om ‘n fonds te stig vir ons behoeftige leerders.  Die kinderfonds is afhanklik van skenkings en jaarliks hou ons ‘n Lofprysingsaand om ons fondse aan te vul.  Ons fonds staan finansieël sterk en ons opregte dank aan almal wat ‘n bydrae maak en ook aan ons Hemelse Vader wat ons Kinderfonds seën.

 

 

HERWINNING

Papier:

Alle ou koerante en tydskrifte kan steeds in die houer gegooi word in 4de Laan.

Wit papier soos ou rekeninge en rekenaarpapier word apart in die klasse in houers gegooi.