|
www.boerefort.co.za |
||||||||||||||||||
|
||||||||||||||||||
|
|
|
Algemene Inligting |
||||||||||||||||||||||||||||
|
SKOOLWAPEN, SIMBOLIEK EN LEUSE
Die skool se leuse “Waak en Werk” illustreer waarom ons primêr by die skool is.
Die simboliek van die skoolwapen is:
Die Jakarandablom : Sê dat dit in Pretoria is en dat daar groei is by die kind.
Die Goue Son : Die goue son wat opkom stel ontwikkeling van die kind voor. Daar is ‘n toekoms in ontwikkeling.
Die Stene : Stel die fort voor. Dit sluit by die leuse aan dat ons moet waak teen die lelike en biddend moet werk aan die goeie wat ons wil ontwikkel.
Die skool begin soggens om 07:30 en verdaag om 13:30 Vrydae verdaag die skool om 13:00 vir Graad 3 – 7
Graad 1 en 2 verdaag Maandae tot Donderdae om 12:45. Vrydae verdaag Graad 1 en 2 om 12:30
Graad 3 verdaag Maandae en Woensdae om 12:45.
Op die sluitingsdag aan die einde van elke kwartaal, sluit die skool om 11:00.
1. Op die Algemene Jaarvergadering gehou op 17 Oktober 2011 is die skoolgeld vir 2011 soos volg goedgekeur:
OUDSTE / ENIGSTE KIND R5 335 p.j. TWEEDE KIND R5 135 p.j. DERDE KIND R4 935 p.j. VIERDE KIND Slegs boekgelde – R150
2. Skoolgelde is ten volle betaalbaar op 18 Januarie 2012 of met inskrywing, maar ‘n afbetalingsooreenkoms kan d.m.v. een van die volgende wyses aangegaan word met Laerskool Boerefort.
2.1 Die balans voor of op 31 Januarie 2012 in welke geval ‘n korting van (R485 1ste kind, R465 2de kind, R445 3de kind) toegestaan sal word.
2.2 Die balans (sonder R485 wat die 1ste paaiement is) in tien gelyke paaiemente betaalbaar voor of op die volgende datums:
Die 1ste paaiement is betaalbaar gedurende die week as die skole begin in 2012.
3. Indien u dus keuse 2.2 uitoefen sal die paaiemente betaalbaar soos volg wees: Oudste / enigste kind R485 + (R485 X 10) = R5 335 Tweede kind R485 + (R465 X 10) = R5 135 Derde kind R485 + (R445 X 10) = R4 935
Die vergunning van afbetaling verval indien ‘n ouer nie sy paaiemente byhou nie. Die volle bedrag is dan onmiddellik betaalbaar.
4. Ouers wat ingevolge die Suid-Afrikaanse Skolewet kwalifiseer vir gedeeltelike of volle vrystelling van skoolgelde moet jaarliks nuwe aansoeke voltooi. Hierdie aansoekvorms kan by die skoolkantoor afgehaal word. Volledig voltooide aansoekvorms vir vermindering van skoolgelde, ondersteun deur die nodige dokumente, moet die skool bereik voor of op 31 Januarie 2012. Nuwe vorms vir 2012 sal eers op 18 Januarie beskikbaar wees.
5. Die volgende items is voorlopig by die skoolgeld vir 2012 ingesluit: Onderriggeld / klasgeld; Busvervoer na sportgeleenthede (Boerefort bus) Skrifte; onderrigmateriaal bv. handboeke, afgerolde werkstukke. Voorblaaie en plastiek oortreksels, ens.
Die volgende items is uitgesluit by die skoolgeld vir 2012: Senior en junior revue; Gewone klere op Vrydae; SMS diens; Konsert; Huur van sportklere; Alle sporttoere; Sekere in- en uitstappies; Deelname aan kompetisies bv. Olimpiades; Sluitkaste Ekstra skrifte, papiere, rapporte deur leerders weggegooi; Add. Aktiwiteite buite skoolverband bv. rekenaars.
6. Ingevolge afdeling 39 van die Suid-Afrikaanse Skolewet is ouers aanspreeklik vir die betaling van verpligte skoolfonds. Ingevolge afdeling 40 van die Wet mag ons regsaksie teen u neem as u nie hierdie verpligting nakom nie.
7. Ons doen ‘n ernstige beroep op alle ouers om hulle skoolgelde in die toekoms elektronies oor te betaal. Bankbesonderhede as volg: Bank: ABSA Ben Swartstraat Rek. Nr. 630-180-023 (tjekrek.) Takkode: 334 645 Verw.: Kry rekening- of verwysingsnr. by die finansiële kantoor. Stuur asb. per e-pos die bewys van betalings aan die skool asook u kontakbesonderhede: Tel 012 335 2883/41; Faks: 012 335 3945; e-pos: boeries.fin@mweb.co.za
8. Op die Alg. Jaarverg. is goedkeuring deur die ouers gegee dat ons voor die skool begin, sekuriteitskameras installeer. Die oprig en toerus van ‘n rekenaarsentrum word ook goedgekeur. Dit sal gedoen word sodra genoeg geld beskikbaar is.
9. Die onderneming vir die betaling van skoolgelde moet voor of op 31 Januarie 2012 van die skooljaar of na inskrywing ingevul, onderteken en na die skool terug gestuur word. Versuim om dit te teken beteken dat u die volle skoolgelde op die 1ste skooldag van die jaar of die dag van inskrywing sal betaal.
10. ‘n Gewaarmerkte afskrif van u bewys van woonadres moet ook die onderneming vir die betaling van skoolgeld en/of u aansoek om vrystelling vergesel.
Ons skool beskik oor ‘n puik Naskoolsentrum onder beheer van Me Ilonka van Breda en onderwysstudente.
Inskrywingsvorms is by die skool verkrygbaar.
Kontakbesonderhede: Me Ilonka van Breda (012) 565-5401/083 294 1902 Ontvang slegs oproepe voor 12:00 en na 17:30
R100 administrasie-fooi per kind Tariewe: 1 kind – R390.00 2 kinders – R720.00 3 kinders – R960.00
(Bestellings vanaf 07:00 – 08:00 in die Snoepie) |
|||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||||||||||||||
|
Best viewed at a 800 x 600 pixel resolution
Copyright © 2004 - 2005 Smalladds.com. 00243 - 2008. All rights reserved. (10-05-2008)
This site is designed and managed by Smalladds.com. Please e-mail our Webmaster with any comments.