www.boerefort.co.za

 

 

Skool Inligting

 

 

Verwelkomings Inligtingstukke:

 

Graad 1

Graad 2

Graad 3

Graad 4

Kleuterskool

Skryfbehoeftes vir 2019

Skool Inligting

 

 

SKOOLURE 2019

SKOOLGELDE 2019

DEBIETORDER

SKOOLKAMPE/TOERE

LEERDERS WAT SKOOL VERLAAT

 

 

SKOOLWAPEN, SIMBOLIEK EN LEUSE

 

Die skool se leuse “Waak en Werk” illustreer waarom ons primêr by die skool is.

 

Die simboliek van die skoolwapen is:

 

Jakarandablom: Dat ons in Pretoria is en dat daar groei is by die kind.

 

Goue Son: Die goue son wat opkom stel ontwikkeling van die kind voor.  Daar is ‘n toekoms in ontwikkeling.

 

Stene: Stel die fort voor.  Dit sluit by die leuse aan dat ons moet waak teen die lelike en biddend moet werk aan die goeie wat ons wil ontwikkel.

 

SKOOLURE 2019

 

Die skool begin soggens om 07:20 en sluit om:

13:15 vir Graad 1 en 2 (Maandae tot Vrydae)

13:30 vir Graad 3 (Maandae tot Donderdae) en 13:15 (Vrydae)

13:30 vir Graad 4-7 (Maandae tot Vrydae)

 

Op die sluitingsdag aan die einde van elke Kwartaal, sluit die skool om 11:00.

 

 

SKOOLGELDE 2019

 

Op die Algemene ouervergadering gehou op 5 November 2018 is die skoolgeld vir 2019 as volg goedgekeur:

Per leerder:  R10 120 per jaar per leerder (R920 x 11 paaiemente).

Ouers wat kwalifiseer vir vrystelling slegs boekgelde:  R750 (afbetaalbaar oor 11 paaiemente)

 

Die vergunning van afbetaling verval indien ‘n ouer nie sy paaiemente byhou nie.  Die volle bedrag is dan onmiddelik betaalbaar.  Indien ‘n agterstallige rekening oorhandig word vir invordering, sal die volle bedrag uitstaande is vir die jaar, oorhandig word.

 

Indien u die afbetalingsooreenkoms uitoefen sal die paaimente betaalbaar soos volg wees:

R920 per maand x 11 maande.  Die 1ste paaiement moet in Januarie betaal word, verkieslik 9 Januarie 2019:

 

A

28 Februarie 2019

B

31 Maart 2019

C

30 April 2019

C

31 Mei 2019

E

30 Junie 2019

F

31 Julie 2019

G

31 Augustus 2019

H

30 September 2019

I

31 Oktober 2019

J

30 November 2019

 

 

 

 

 

Alle ouers moet die onderneming t.o.v. verpligte skoolgelde voltooi.  Indien dit nie voltooi en onderteken is nie, sal aanvaar word dat u die totale verpligte skoolgeld voor of op 9 Januarie 2019 sal betaal.

 

Korting:

Indien u voor of op 31 Januarie 2019 die volle jaarlikse bedrag vereffen, is u geregtig op afslag gelykstaande aan een maand se skoolgeld.

 

Ouers wat ingevolge die Suid-Afrikaanse Skolewet kwalifiseer vir gedeeltelike of volle vrystelling van skoolgelde moet jaarliks nuwe aansoeke voltooi.  Hierdie aansoekvorms kan by die skool se finansiële kantoor afgehaal word.

 

Aansoeke om subsidie:
Alle aansoeke moet jaarliks voor einde Februarie by die finansiële kantoor ingedien word anders sal die persoon nie vir oorweging kwalifiseer nie.  Die enigste twee uitsonderings is as die ouer/s kan bewys dat hulle finansiële omstandighede na genoemde datum drasties verander het OF as dit ‘n nuwe ingeskrewe leerder is moet die ouers/voogde binne twee weke (14 kalender dae) van inskrywing die nodige dokumente vir subsidie indien.

 

Geskeide ouers:

Indien ‘n ouer weer trou en dit is “binne gemeenskap van goedere” is ouers gesamentlik verantwoordelik vir die betaling van skoolgelde ongeag of hulle die biologiese ouer is of nie.  ‘n Afskrif van hierdie dokument moet die subsidie aansoek vergesel.

 

Die volgende is ingesluit in die Skoolfonds vir 2019:

 

Akademie:

·    Onderrig / klasgelde;   Skrifte + Handboeke;   Sekere kuns benodighede

·    Afgerolde werksblaaie +  Voorblaaie vir skrifte

 

Sport: 

·    Vervoer na MEESTE sport byeenkomste

·    R20 000 “Subsidie” vir elk Rugby, Netbal, Hokkie & Krieket vir ontwikkelings klinieke / toere

 

Instappies (3 per jaar): 

·    Boek Buddies (R25/leerder);  2 Ander instappies (R20/leerder per intappie)

 

SMS Diens: 

·    R20 per leerder

 

Konsert: 

·    Klere (R80 000 gesubsidieer);   Dekor & Rekwisiete

 

Gr 7 Afskeidsgeskenk:  

·    R200 / leerder

 

Gr 7 Afskeidsfunksie: 

·    R200 / leerder gesubsidieer (kostes sluit in vervoer, toegang en ete)

 

Gr 6 Veldskool: 

·    Subsidieer R60 000

 

Leiers: 

·    Baadjies (24 x R700) – dit bly die skool se eiendom

 

Prysuitdeling / Merieteaand: 

·    Druk van Sertifikate;  Balkies en Trofeë

 

Kunstefeeste / Olimpiades: 

·    Groepsdeelname aan kunstefeeste

 

Revue: 

·    Subsidieer R40 000 / revue groep;  (R40 000 x 2 = R80 000)

 

Koor: 

·    Subsidieer R20 000

 

Entrepreneursdag: 

·    R20 / tafel verval

 

Die volgende items is uitgesluit by die skoolgeld vir 2019:

Akademie:

·    Skryfbehoeftes

·    Vervanging van skrifte / handboeke wat deur leerder weggegooi of beskadig is

·    Boekgelde (slegs van toespassing op en verpligtend vir gesinne wat 100% vrystelling ontvang)

·    Plastiek oortreksels vir skrifte en handboeke

·    Benodighede vir take en opdragte (Hoofsaaklik Gr 4-7 – meestal in 1ste en 3de kwartaal)

·    Gr 7 Entrepreneursdag – produkte wat verkoop gaan word (deel van taak)

 

Sport: 

·    Klere (koop self of huur by skool indien van toepasing);  Toerusting (bv. Hokkiestokke of beskermingsdrag)

·    Balans tussen gesubsidieerde bedrag en werklike uitgawes vir toere / kliniek

 

Konsert: 

·    Toegangskaartjies (dien as fondsinsamelingsprojek)

 

Gr 7 Afskeidsfunksie: 

·    Balans tussen gesubsidieerde bedrag en werklike koste (gedeel deur aantal leerders wat dit bywoon)

 

Gr 6 Veldskool

·    Balans tussen gesubsidieerde bedrag en werklike koste (gedeel deur aantal leerders wat dit bywoon)

 

Leiers: 

o  Ander leiersdrag

 

Prysuitdeling / Merieteaand:

·    Ouers betaal verlaagde tarief van R30/kaartjie (vir eerste 2 kaartjies);  Addisionele kaartjies (bv. Vir Oupas en Oumas) teen R50;  Grafering van Wisseltrofeë

 

Kunstefeeste / Olimpiades (vrywillig):

·    Individuele deelname (bv. Solo sang, gediggies, kunswerk ens.)

·    Inskrywingsfooi vir Conqueta vraestelle

 

Revue:

·         Balans tussen gesubsidieerde bedrag en werklike koste (gedeel deur aantal leerders wat deelneem)

 

Koor:  

·    Balans tussen gesubsidieerde bedrag en werklike koste (gedeel deur aantal leerders wat deelneem)

 

Entrepreneursdag (vrywillig):  

·    Produkte wat kind verkoop

 

Skoolfoto’s (individueel en groepe vrywillig)

 

Sluitkaste (Vrywillig)

 

Boeriegidse (Verpligtend)

 

Enige afskeidsfunksies (bv sport, revue, ens) 

 

Naskool- en Vakansiesorg

 

Ingevolge afdeling 39 van die Suid-Afrikaanse Skolewet is ouers aanspreeklik vir die betaling van verpligte skoolfonds.  Ingevolge afdeling 40 van die Wet mag ons regsaksie teen u neem as u nie hierdie verpligting nakom nie.

 

Ons doen ‘n ernstige beroep op alle ouers om hulle skoolgelde in die toekoms elektronies oor te betaal. 

 

Gebruik u “Rekeningverwysingsnommer” soos op u rekeningstaat aangedui as verwysing. Moet asb. nie u kind se naam / van gebruik as verwysing nie, slegs die rekeningverwysingsnommer!!

Stuur asb. per e-pos die bewys van betalings aan die skool asook u kontakbesonderhede:  Tel  012 335 2841;  Faks:  012 335 3945;  


E-pos: 

boeries.fin@mweb.co.za (skoolkind)

boeries.rek@mweb.co.za (kleuterskoolkind)

 

Die KONTRAK MET SKOOL T.O.V. BETALING VAN SKOOLGELD moet voor of op 31 Januarie  van die skooljaar of met inskrywing ingevul, onderteken en na die skool terug gestuur word.  Versuim om dit te teken beteken dat u die volle skoolgelde op die 1ste skooldag van die jaar of die dag van inskrywing sal betaal.

 

 

DEBIETORDER

 

Magtiging vir ‘n Debietorder word elke jaar voltooi vir die betrokke jaar!!!

Geen gelde per debietorder sal afgaan indien ‘n oorspronklike getekende magtigingsvorm nie by die finansiële kantoor ingehandig word nie!

Ouers wat van hierdie diens gebruik wil maak word versoek om die MAGTIGING VIR DEBIETORDER  te voltooi en terug te stuur na Mev Wendy Strydom toe.

Vra gerus vir hierdie vorm aan by die finansiële kantoor.

Indien u die eerste paaiement aan die begin van Januarie wil laat afgaan per debietorder, moet hierdie magtigingsvorm reeds ingehandig word voor of op 7 Desember 2018.

 

SKOOLKAMPE/TOERE

 

Goedkeuring is gegee om toere en kampe te organiseer en dat die ouers van die kinders wat dit bywoon self verantwoordelik is vir die betaling van sodanige toer en/of kamp.

 

 

LEERDERS WAT SKOOL VERLAAT

As daar enige terugbetaling moet plaasvind sal ‘n bedrag van R150 vir administratiewe uitgawes gehef word.

 

Kleuterskool:

Een maand skriftelike kennis moet gegee word indien ‘n kleuter die Kleuterskool verlaat. 

 

Laerskool:

Oorplasingskaart moet skriftelik aangevra word by die administratiewe kantoor.  Oorplasingskaart sal nie oorhandig word indien handboeke (Graad 4-7) nie ingehandig is en alvorens reëling getref is by finansiële kantoor vir agterstallige skoolgelde.