Laerskool Boerefort
© Laerskool Boerefort

Welkom

Verwelkomings Inligtingstukke:

Prospektus 2024 INSKRYWING VIR GRAAD RR tot 7 - 2024 Graad RR & R Inligtingstuk - 2024 Graad RR & R Skryfbehoeftes - 2024 Graad 1 Inligtingstuk - 2024 Graad 1 Skryfbehoeftes - 2024 Graad 2 Inligtingstuk - 2024 Graad 2 Skryfbehoeftes - 2024 Graad 3 Inligtingstuk - 2024 Graad 3 Skryfbehoeftes - 2024 Graad 4 Inligtingstuk - 2024 Graad 4 Skryfbehoeftes - 2024 Graad 5 Skryfbehoeftes - 2024 Graad 6 Skryfbehoeftes - 2024 Graad 7 Skryfbehoeftes - 2024 Toesigbeleid vir Ouers Aansoekvorm vir die Nasorgsentrum

BOODSKAP VAN DIE HOOF - 2024

Liewe Ouers en kinders, Aan alle nuwe ouers en leerders wat vanjaar vir die eerste keer by ons ingeskakel het, ‘n spesiale woord van welkom. Ons hoop julle skakel gou in by die Boerie-familie en dat julle eersdaags ware Boeries sal wees. Die personeel is bekwame en hardwerkende mense wat daarna strewe om net die beste vir ons skool en leerders te gee. Ons is egter ook net mense en maak ook soms foute, so ondersteun ons om slegs die beste onderrig en opvoeding vir ons kinders te gee. Dankie aan u elkeen vir julle liefde, lojaliteit en opoffering vir die nuwe jaar. In ons strewe na gehalte onderrig en opvoeding aan al ons leerders, maak ons staat op die ondersteuning en samewerking van al ons ouers. Byvoorbaat dankie aan u elkeen vir u mooi gesindheid, samewerking, hulp en voorbidding vir hierdie jaar. Aan ons leerders: ‘n Nuwe lewensjaar vol uitdagings en geleenthede wag op julle, maak die beste van alles. Ek nooi alle leerders om ware Boeries te wees deur hulle talente op sport- kultuur, en akademiese gebied te gebruik en te ontwikkel. Leef ons Boerie-Christelike waardes uit! Voorspoed en sterkte aan alle Boeries vir 2024.  Mag dit vir elkeen ‘n wonderlike jaar wees waarin ons naby aan ons Skepper sal leef. Ek bid dat God se hand van seën, liefde en beskerming op elkeen sal wees. Boerie groete Ben Fourie